Tuesday, May 27, 2014

Ouers Braai - 23 Mei 2014

Ons Ouersbraai was baie lekker!
Met stokbrood {net-net genoeg}...
Die pa's het gekuier en gebraai
En die duikers het weggele aan die stokbrood...



Xane het so baie van die tolletjiebrei van die middag se byeenkoms gehou dat sy dwarsdeur die fliek gebrei het... Lielan moes lig maak...

Tolletjie brei - 23 Mei 2014

Die tolletjiebrei byeenkoms was 'n groot sukses!


Die duikers het sommer weggespring en almal se wol-stertjies het teen die einde van die byeenkoms onder uitgekom!

Dankie Tannie Aletia vir die handjie bysit - 8 dogtertjies met tolletjiebrei verg nogals 'n paar hande!

Kath loer of die stertjie tog nie net asb nou wil uitkom nie....




Voortrekkerdrag - 9 Mei 2014

Met ons Voortrekkerdrag byeenkoms moes die maatjies almal hulle voortrekkerdrag aantrek... En Kath het haar boetie se erkenningsbaadjie gebring sodat ons na al die wapens en kentekens kon kyk...
Toe begin ons ons eie Voortrekker-drawwertjie uitknip om self aan te trek!
Dit was GROOT pret!
Elkeen het 'n poppie uitgeknip en moes aktiewe of formele drag aantrek soos wat ek dit vir hulle vra...
Ons is trots op ons voortrekkerdrag!

Voortrekkervlag - 25 April 2014

Ons gesels oor die Voortrekkervlag... daar word geverf...
ingekleur...
Nog 'n bietjie geverf... was nogals 'n kuns want die wind het gePLA...
Die trotse eindproduk!
 En ons maak 'mini'-paradegronde met klein vlaggies...


Boemelaarsaand - 11 April 2014

Klapperkop Kommando het op 11 April 'n Boemelaarsaand gehou...
Hawelose Duiker Lielan vang 'n 'lift' kamp toe..

Ons {YSkoue} le-plekkie vir die aand...
Die Duikers (Gr1) verslind hulle slap chips...

Lee verfblikke vir die boude... nie die gemaklikste sitplek vir 'n moee lyf nie... baie beter pakplek...
The morning after... sommige skuilings het die nag oorleef... ander... nie tot 23h00 nie!