Monday, April 20, 2015

Spankamp - 18 April 2015

Die duikertjies het spankamp gehou op die plaas... hulle moes self tent opslaan... en het hulle nogals goed van hulle taak gekwyt...dankie tog vir die paar maatjies wat saam met hulle gesinne gaan kamp wat weet hoe dit werk!
 Drie duikers en 'n uil op 'n kluit...
 Die spoorsny was 'n groot hoogtepunt... hulle moes wit pyltjies volg tot by die skaap-kraal... dankie Oom Piet vir die pad DEUR al die knapsekerels!
 Ons het vir Toska en Rambo die 2 mak perde gevryf...
 Lekker BO-oor plaashekke geklim...
 Voeltjies uitgeken...
 By die skaap kraal het Oom Leon vir ons lammetjies gewys...
 Hulle kon ook die klein nuwe vulletjie van nader bekyk...
 Anasteah oor die plaashek...


 Na ons by die dam 'n draai gemaak en klippe gegooi het... het die HONGER duikertjies vir hulleself stok-brood aanmekaar geslaan...
 Party het swarter as ander uitgekom maar almal het darem 'n broodjie ingekry!


 Sondagoggend het ons hulle op 'n bakkie-rit gevat om te sien of ons nie dalk 'n jakkals of 'n DUIKER kan raaksien nie... maar die spulletjie het so gegil en gesels ek dink nie eers 'n mak kat sou naby ons gekom het nie ha ha.
 Oom Piet het vir hulle 'n mielie afgepluk (ek vermoed daar is 'n paar tuine wat mielie-plante gaan bykry...  die pitte is afgepluk en uitgedeel...)
 Ons laaste stoppie was by Koper die hings wat net 'n paar handjies toegelaat het om aan hom te vat...
Die spankamp was groot sports en ons sal dit beslis weer doen!