Sunday, August 17, 2014

Junior Kok - 16 Aug 2014

Die duikers het gister gekook dat die stoom staan!
Elke spanlid was in 'n aparte "groepie" ingedeel en ek kon sien hulle is almal onseker in die begin... maar ek is so trots op hulle al 4 - hulle het so mooi ingeval en saamgewerk!  En nuwe maatjies gemaak!  Dis mos Voortrekkers!

Hier verduidelik Tannie Zelda vir hulle van 'n rasper...
Elkeen kon sy eie blokkie kaas rasper... net versigtig vir die vingertjies...
 Instussen het elkeen ook 'n broodjie gesny en gesmeer...
 So trots op daai hoop kaas!
 Hierdie is nou wat ek noem georganiseerde chaos!  60 graad 1's elkeen met 'n rasper...
 Toe is hulle geleer hoe om 'n eier te breek en te klits... en almal se eiers is saamgegooi vir 'n groot pan roereier... wel die eiers wat nie op die vloer beland het nie...
 Die magies grom en dis tyd om te eet na die harde werk...
 Daai gesiggie straal mos trots!
 Hulle het te lekker aan hulle 'eie' kos geeet...


 Hulle het ook hulle eie roosterkoeke gemeng en geknie... sommiges het 'n paar ekstra 'speserye' ingehad... grond en gras was te sien in van die bolle... te heerlik.. hie hie!
 Hierdie is mos nou PRET!
 Die Junior Kokke het vir 'n uur saam met die Boersport spesialisasie gaan 'speel'... en toe het ons offisiere 120 cupcakes versier... So kook het ons ook gekook :)
 Roosterkoek en 'n worsie was op die spyskaart vir middagete...
Hierdie is die liedjie wat hulle aangeleer het...  hoe kostelik is dit nou nie?!!

Dit was 'n vreeslike lekker dag en die dogters het dit so geniet!  Wapadrand - julle Junior Kok spesialisasie sal ek aan alle graad 1's aanbeveel!

Saturday, August 9, 2014

Nagmars - 8 Augustus 2014

Die nagmars by die Voortrekkermonument was 'n groot belewenis vir die klomp graad 1'tjies...
Ons is gereed vir die mars deur die nag...
Ons eerste van  6 punte was 'n marshmallow-braai!  Lekkerrrr...
Daar het die dogters sommer 'n kringetjie in die donker gemaak en Elzaan het 'bangmaak' stories vertel.. hie hie!
 Nog 'n punt was oor motorfietsry...
 Die kinders het beurte gemaak om 'n reisies om 'n baan te ry...
 Die nagmars was baie oulik... hulle het onder andere vlugbal, skaak, hokkie en jukskei gespeel... alles in die donker met glowsticks!  
'n Heerlike koppie hot chocolate na die tog!

Inlywing en Fliekaand - 25 Julie 2014

Die Inlywing en Fliekaand het effe chaoties begin met kussing en komberse orals...
Maar die inlywing was baie mooi...

 Lielan brand haar sertifikaat by die fakkel..

 So trots op hierdie klomp duikertjies!
 Tannie Annemarie is ook ingelyf as offisier..
Party van ons het bang geword in die fliek... en party van ons het heerlik geslaap!

Monday, June 23, 2014

Seremonie Vaardighede - 21 Junie 2014

Ek het die staatmakers genader om vir die spannetjie so bietjie touwys te maak van seremonie vaardighede...
Eers het Gerhard vir die dogters 'n video van chinese gewys wat masjeer... 

En toe begin die groot oefen...
Op die plek RUS...
Regs-OM
Dankie Gerhard dit was baie oulik!

Ons het nou Op die plek rus en Aandag onder die knie!

Friday, June 20, 2014

Wereld Omgewingsdag en Herwinning - 6 Junie

Vir die Omgewingsdag en herwinning byeenkoms was ons net 'n paar maatjies maar was dit nou pret!
Ons kon hardloop en speel...
Elke spannetjie moes een vir een 'n voorwerp optel en in die regte herwinnings-houers gooi...

Die span wat eerste klaar is se emmertjies word bekyk om seker te maak die plastiek is in die 'plastiek'-houer etc...

Hoor net hoe opgewonde word hierdie offisier... ha ha.

Hemelvaart - 29 Mei 2014

Duikertjies (Gr1) gereed om die stap kerk toe aan te vat met hulle fakkels vir Hemelvaart...
Wat 'n gesig... dit laat mens se hart glimlag...
Klaar gestap en lus vir die warm sjokolade wat wag voor die diens begin...
Hierdie is mos groot pret!
Die 2 'amperse' voortrekkertjies stap saam...