Sunday, August 17, 2014

Junior Kok - 16 Aug 2014

Die duikers het gister gekook dat die stoom staan!
Elke spanlid was in 'n aparte "groepie" ingedeel en ek kon sien hulle is almal onseker in die begin... maar ek is so trots op hulle al 4 - hulle het so mooi ingeval en saamgewerk!  En nuwe maatjies gemaak!  Dis mos Voortrekkers!

Hier verduidelik Tannie Zelda vir hulle van 'n rasper...
Elkeen kon sy eie blokkie kaas rasper... net versigtig vir die vingertjies...
 Instussen het elkeen ook 'n broodjie gesny en gesmeer...
 So trots op daai hoop kaas!
 Hierdie is nou wat ek noem georganiseerde chaos!  60 graad 1's elkeen met 'n rasper...
 Toe is hulle geleer hoe om 'n eier te breek en te klits... en almal se eiers is saamgegooi vir 'n groot pan roereier... wel die eiers wat nie op die vloer beland het nie...
 Die magies grom en dis tyd om te eet na die harde werk...
 Daai gesiggie straal mos trots!
 Hulle het te lekker aan hulle 'eie' kos geeet...


 Hulle het ook hulle eie roosterkoeke gemeng en geknie... sommiges het 'n paar ekstra 'speserye' ingehad... grond en gras was te sien in van die bolle... te heerlik.. hie hie!
 Hierdie is mos nou PRET!
 Die Junior Kokke het vir 'n uur saam met die Boersport spesialisasie gaan 'speel'... en toe het ons offisiere 120 cupcakes versier... So kook het ons ook gekook :)
 Roosterkoek en 'n worsie was op die spyskaart vir middagete...
Hierdie is die liedjie wat hulle aangeleer het...  hoe kostelik is dit nou nie?!!

Dit was 'n vreeslike lekker dag en die dogters het dit so geniet!  Wapadrand - julle Junior Kok spesialisasie sal ek aan alle graad 1's aanbeveel!

No comments:

Post a Comment